fbpx

1 cent Print on Wood 28cm

R185.00

1 cent Print on Wood 28cm

Die verhaal van die 1c
“Anette Marais sit op ’n stomp en skud die stof van haar verslete klere
af. Rondom haar sit die groepie bekende gesigte van moeë vrouens. Net ’n paar tree verder is die hoë draad van die konsentrasie kamp. Sy slaan haar Bybel oop en begin lees. Sy het in die donker ure van die nag
geworstel met God en Hom gesmeek vir ʼn boodskap om hierdie vrouens te
bemoedig, want wie weet hoe lank nog . . .
Anette lees die woorde van Matt 10:29 – “Is twee mossies nie vir ’n
sent te koop nie, en tog sal nie een van hulle op die grond val sonder
die wil van julle Vader nie.”
Terwyl sy besig is om hierdie woorde te lees, kom sit daar ’n vaal klein mossie op haar skouer. Die groepie vrouens staar in verbasing na wat voor hulle gebeur, en so word die mossie, die teken van hoop in die
onmoontlike omstandighede van die konsentrasie kamp in Bethulie.
Dit was fantasties om in die maande wat volg te sien hoe die mossies van
Bethulie ’n baken van geloof en hoop word vir hierdie vrouens. Op 21
Mei 1902 was die oorlog verby, Anette het op pad terug na haar huis gestop
by ’n vrou met invloed en haar vertel van die mossie-boodskap, sy het
dit weer oorvertel en Genl. Jan Smuts het in 1923 die mossie op die land
se kleinste muntstuk (kwartpennie) laat verskyn.
Amper 80 jaar later sit Jak de Priester in ’n park in Londen. Sy geld is op, hy kry nie werk nie, hy mis die meisie van sy drome en sonskyn en
biltong. Hy slaan sy klein silwer Bybeltjie oop en lees die “mossie”
boodskap en bid vir die soveelste keer vir werk!
Vroeg die volgende oggend lui sy telefoon en dis die oproep waarvoor hy gewag het, hy spring op die eerste trein en begin met ʼn lang dag se
onderhoude. Moeg maar gelukkig en met ’n permanente werk klim hy weer laatmiddag op die trein. Toe hy inklim sien hy ’n muntstuk op die
vloer lê, hy tel dit op, en daar op ’n trein in Londen hou hy ’n
Suid-Afrikaanse 1c in sy hand, met ’n mossie agter op. Hy vertel dat
die wêreld rondom hom gaan stil staan het, dat hy besef het dat God daar by hom op die trein is en dat gebed sy waarborg is in hierdie stukkende
wêreld.
Here
Dankie, dat daar altyd hoop is. Dankie, vir bakens langs die pad wat ons help om geduldig te wees, terwyl ons wag vir U, om op die perfekte tyd ons omstandighede te verander.”
SOURCE
The Cape Odyssey

Description

Additional information

Weight 0.5 kg
Dimensions 28 × 28 × 2 cm