Van ‘n baie besige kleine meisie tot ‘n prolific artist:

Vandag se blog post gaan, anders as gewoonlik, in Afrikaans wees en ook anders in die opsig dat ek
‘n gaskunstenaar het.
Ek wil julle bekendstel aan ‘n pragtige jong meisie.
Ek het Nika ontmoed toe sy 3 of 4 jaar oud was en haar van ‘n baie besige maer klein lyfie sien
ontwikkel in ‘n go getter jong dame!
Toe sy klein was, het Nika het vir geen oomblik stil gesit nie, in my mind sien ek haar vandag nog
duidelik uit die hoek van my oog, hande viervoet verby ons grootmense blits, mens wonder nog wat
jy gesien het, dan besef jy dis daai kleine mensie wat nou weer ‘n perd of ‘n ding is in haar
verbeeldings wêreld, as sy nie gespeel het sy is ‘n dier nie, het sy een of ander dier by haar
gehad, altyd omring deur katte, honde en perde.
Ek was nie verbaas toe ek sien dat Nika in ‘n kunstenaar ontpop het nie want sy was altyd lief
vir verf, wat my wel verras het is haar geweldige dedication, sy het skaars haar start gemaak
met haar kuns loopbaan toe ontwikkel dit al in ‘n sterk besigheid.
Ek verwonder my aan haar stamina en deursettings vermoeë en aan die hoeveelheid
kunswerke en designs wat sy gedoen kry, en dit terwyl sy nie net besig is met haar nagraadse
studies nie, maar ter gelyker tyd ook met 2 diplomas.
Maar, laat ek die “pen” oorgee aan Nika sodat sy haar eie verhaal kan vertel.
“If one person’s day is changed by what I created, it will all be worth it –
Ek is iemand wat nog altyd glo in die krag van die klein goedjies en as dit wat ek maak, iemand se
hart kan aanraak – is dit alles die moeite wêrd vir my.
Ek is Nika Wilkens, 22jaar oud en teen 25 Mei 2021 is Wil.kuns al ‘n jaar ‘n groot deel van my lewe.
Ek het onlangs my Graad verwerf in Landbou – Ekonomie en Risikobestuur op die NWU en swot
hierdie jaar verder aan nagraadse onderwys asook twee diplomas, Digital Adobe software, en
Graphic designing.
Ek het groot geword op ‘n plaas en kan nie aan mooier grootword jare dink as myne nie, daar was
nog altyd warmte in die huis en mense in en uit wat lief is vir mekaar.
Musiek en kuns is twee goed in die lewe wat my nog altyd kon red, en natuurlik was dit die geval toe
Covid19 ons in in 2020 getref het.
As ‘n finale jaar student wat sopas in ‘n woonstel ingetrek het, moes ek terug trek huistoe met net
een maand woonstel lewe agter my blad.
Dit was goed vir my siel om terug op die plaas te wees, maar student wees het tot ‘n stillstand
gekom en dit het tjoep stil geword…
My 21 st verjaarsdag partydjie was afgestel, kampus en student-wees was iets van die verlede,
vriendinne het kontak verbreek, en almal het aangegaan met hulle geisoleerde lewens.
Kuns en kreatief wees was nog altyd my passie, maar ek het nooit gedink dat dit wat ek create goed
genoeg is om “kuns” genoem te word nie.
‘n klein illustrasie wat ek op Instagram gesien het het my laat besef dat wat ek bied ‘n impak op
ander se lewens kan maak en net daar het ek besluit om my talent ook ‘n kans te gee.
Ek het ‘n Instagram blad geskep en van my handjie vol kunswerkies daarop geplaas.
Dit was egter rondom Vadersdag (20 Junie) waar die oorweldigende belangstelling in my werk begin
kom het, ek het klein “portret” skilderytjies begin doen as geskenke vir Pa’s.
Ek het een van my en my pa gedoen as voorbeeld en die navrae wat ingestroom het, het my stom
geslaan, alhoewel die lae prys wat ek gevra het bygedra het tot al die bestellings, was hierdie die
begin van my besigheidjie wat vandag al so baie gegroei het.

Op hierdie stadium doen ek skilderye, ink illustrasies, graphic designing en “Branding”!
My groot inspirasie en kuns-heldin was nog altyd tannie Mariaan, met haar vermoë om kreatiwiteit,
mooiheid, siel en diepte vas te vang in enige iets wat sy maak.
Ek het nog altyd gevoel daar is diep gedagtes en denke vasgevang in haar werk, al haar kuns spruit
uit rou emosie, en dis iets waarmee ek ook identifiseer.
Ander inspirasies sluit ook my Ouma Linda in, wat self ‘n kunstenaar is. Sy het my en my sussie van kleins af altyd laat verf. Ek bewonder haar vir die passie wat sy uitleef deur haarself altyd te “express” deur haar kuns.
En dan natuurlik my liefste mamma Karine, sy is van dag een af my grootste aanmoediger en sy self het ‘n ongelooflike kunstreep in haar – sy maak enige spasie mooi, haar tuin is altyd pragtig en sy het self ‘n klein klere maak besigheidjie begin – Dressed by Lillie.
Ek is baie dankbaar vir waar ek vandag staan, al die ongelooflike ondersteuning wat ek kry, en vir die voorreg om te doen waarvoor ek lief is.
Die Here het definitief Sy hand in dit alles en ek is baie dankbaar teenoor Hom.
Die tyd waarin ons vandag leef, met alles wat abnormaal is, het dalk jou liggie gedemp en jou rede
om te skep van jou beroof, maar ek motiveer jou vandag, laat my getuienis jou onkant vang, en die
eenvoudige rede wees wat jou inspireer om weer te begin.
Jy kan.
Meer oor Wil.kuns …
Na baie oorwegings het ek besluit om my kuns te herdoop na Wil.kuns, die woord, Wil.kuns is
omvattend en na aan my hart, dis afgelei vanaf my van (Wilkens) en natuurlik die belangrikste : Ek
WIL KUNS!
In my tyd terug by die huis, het ek besluit om weer ‘n troeteldier van my eie te kry, toe maak Nonna
haar verskyning, my Rose Gold – Wit kat met die mooiste blou oe!
Sy het die geaardheid van ‘n jakkalsie en sit lang aande om saam my en werk – en so word sy die
gesig agter my “Brand” en die jakkals simbool in my Logo.

Gepaard daarmee die NW (Nika Wilkens) op die koppie van die jakkals, wat ‘n kroon simboliseer, om
my altyd te herinner: “I am a daughter of the King!”
Al my skilderye word gedoen op hout canvas – en ander hout materiale. Ek verf met akrilliese verf en
hou daarvan om met ink “detail” in te voeg, en ‘n “fun fact” oor my werk, is dat ek slegs met my
Primere kleure – geel, rooi, blou, en groen werk, wat ek dan meng saam met wit en swart om
uiteindelik die kleure te kry wat ek wil hê.
6 Maande na ek my eerste “post” gemaak het, en na baie oorwegings het ek besluit op Wil.kuns,
omvattend en na aan my hart…afgelei vanaf my van (Wilkens) en natuurlik die belangrikste : Ek WIL
KUNS! In my tyd terug by die huis, het ek besluit om weer ‘n troeteldier van my eie te kry, toe maak
Nonna haar verskyning, my Rose Gold – Wit kat met die mooiste blou oe! Sy het die geaardheid van
‘n jakkalsie en sit lang aande saam my om en werk – en so word sy die gesig agter my “Brand” en die
jakkals simbool in my Logo. Gepaard daarmee die NW (Nika Wilkens) op die koppie van die jakkals,
wat ‘n kroon simboliseer, om my altyd te herinner: I am a daughter of the King!
Die ink-illustrasies wat ek doen word met die hand en swart-ink geteken op 160 gsm papier, en
daarna word dit geraam, ek direk van foto’s van my foon af.
Ek geniet dit ook om enige vorm van graphic designing te doen, en het al talle besighede ‘n identiteit
gegee deur hul Logo en gepaard gaande “branding” te ontwerp, asook talle funksies soos kombuis
en baba tee’s en troues se uitnodigings.” -Nika-
Gaan loer gerus na haar pages op soisale media:
Facebook: n.wil.kuns.art
Instagram: wil.kuns
Lees gerus ook hierdie blogpost wat ek ‘n ruk gelede gedoen het oor ‘n ander jong kunstenaar wat
ook ‘n baie groot kuns versamelaar is.
Only 16 years old and this young artist is already an avid art collector!