In the Media

Mariaan Kotze is in 1968 in Aliwal-Noord gebore.Sy word groot in ‘n huis vol kunswerke en boeke rondom haar.
Haar pa, Kobus Kotzé, bekende landskapkunstenaar, se ateljee met die reuk van olieverf en die atmosfeer daarvan, was ‘n groot inspirasie vir haar.

Sy behaal haar Nasionale Diploma in Beeldende kuns met beeldhou as hoofvak aan die Vrystaatse Technicon in 1990.
Sy woon tans in Mosselbaai en skilder voltyds. Sy werk in akrieliese verf op gespande doek.

Haar gunsteling temas is haar simboliese kuns, vroue figure met te groot oë en monde, elemente soos duiwe, hokke ens. wat die vryheid van die mens en sy siel uitbeeld, leë hokke wat simbolies is daarvan dat elkeen sy eie menswees op sy eie unieke manier moet uitleef en nie ingeperk mag word nie.

Sy skilder ook graag rakke vol boeke met elemente tussen die boeke wat nie sin maak in ‘n boekrak nie, maar wel verband hou met die tema van die boeke en met die algemene simboliek in haar kuns.
Die boeke van Og Mandino was ‘n groot inspirasie en daarom bring sy graag aanhalings uit die boeke in haar kunswerke in.

Haar ma Joe Kotzé en suster Hanlie Kotzé is ook professionele kunstenaars. Broer Floris Kotzé en sy vrou Anine is kunshandelaars wat ook betrokke is by die bemarking van haar kuns. Dit kan in verskeie galerye in die land besigtig word en maak gereeld deel uit van groep- en eenmanuitstallings. Die uniekheid en verbeeldingrykheid van Mariaan se werk dra by tot die sukses wat sy behaal.

Leave a Reply